Plaasverslag
In die herfsmaande wat voorlê gaan daar gekonsentreer word op grondvoorbereiding vir die saai van winterweiding. Dalewood maak gedurende die jaar al die kraalmis bymekaar om ons eie natuurlike kompos te produseer. Dit bevat al die noodsaaklike mikro en makro elemente asook baie organiese materiaal. Dus gebruik die plaas geen kunsmatige bemesting nie. Die landerye word nou met die gekomposteerde beesmis gestrooi, meganies bewerk en dan gesaai met 'n mengsel van kleingrane wat bestaan uit hawer, gars en korog.
Ons is ook slaggereed vir die opwindende 2012 kalfseisoen wat voorle. Reeds 98% van die kudde is dragtig dus sal die kalfseisoen binnekort in volle swang wees. Ons se vaarwel aan Danie en Jomien Slabbert wat terugkeer na die Namib. Ons gaan baie na Danie, met sy vriendelike behulpsame geaardheid verlang,hy het beslis sy merk op die Kalaharie rooibriun Dalewood kudde gelos. Ons op Dalewood wens die jong Slabberts alle voorspoed en vreugde vorentoe.